FacebookDrop us a note
(0) Winkelwagen
  • Geen producten in uw winkelmand.

AFRIKAANS WIEGELIEDJIE

ANZ » AFRIKAANS WIEGELIEDJIE

AFRIKAANS WIEGELIEDJIE

5,00

Leegmaken
SKU: Niet beschikbaar Categorie:

Beschrijving

  1. Lamtietie, damtietie, doedoe mij liefstetjie, moederhartrowertjie, dierbaarste diefstetjie! Luister hoe fluister die wind deur die boompietjie, heen en weer wieg hy hom al oor die stroompietjie: “Doedoedoe, bladertjies, slapenstyd nadertjies. Doedoedoe blommetjies, nag is aan ’t kommetjies”, so sing die windjie vir blaartjies en blommetjies.
  2. Bo in die bloue lug flikker die sterretjies, hemel se brandwaggies, lampies van verretjies, wakend oor windjies en wolkies en stroompietjies, wakend oor mensies en diertjies en boompietjies: “Wees maar gerustetjies, slaap maar met lustetjies!” So sing die sterretjies, stilletjies, verretjies, vuurvliegies, lugliggies, ewige sterretjies!
  3. Onskuldig ogies en voetjies en handetjies, wie weet hoe ver moet my kleintjie nog ganetjies! Ver deur die wêreld se kronkels en gangetjies, bly tog maar kleintjies en bly dit maar langetjies. Bly maar by moedertjie, kindlief se hoedertjie. Slaap in haar arrempies, saggies en warrempies, doekies dan, doekies in moeder se arrempies!

Additional information

Soort partituur

Zang, Zang-piano

Letter

C, D

Componist

Hullebroeck, Emiel

Tekstschrijver

Langenhoven, Cornelis Jacob